Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Seer Hart Glimlag" deur CHARL DURAND
"Seer Hart Glimlag" deur CHARL DURAND [boodskap #16043] Di, 07 Julie 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
SEER HART GLIMLAG
Charl Durand

'n woestyn
lyk so leeg teen skemer
teen flou lig en seer
as ek besef daar's niks meer om te sê

ons kan mekaar jammerkry
besluit om in die woestyn rond te swerf
opsoek na verklarings en betekenis
maar dis beter om tee te drink en afskeid te neem

want ek wil jou glimlag onthou
hartseer glimlag van jou
jou woonstelnommer en die kleur van jou kar
en handvashou

niks meer om oor te filosofeer nie
wakker te word met koffie in die bed nie
net 'n laaste glimlag en ligte in 'n laatnagrestaurant
seer hart, seer glimlag
Vorige onderwerp: "Elegie" deur HENNING PIETERSE
Volgende onderwerp: "Stillewe met tee om 'n tafel" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 06:34:25 MGT 2024